Skip to main content

Die kiwa, of yeti-krap soos hulle bekend staan, is ‘n harige 15 cm-lange diertjie wat slegs in die diep waters van die Stille Oseaan en die Antarktiese rif voor kom.

Hierdie redelike nuwe krap-spesie wat eers in 2005 ontdek is, leef hoofsaaklik van  bakterieë wat hulle self op hul liggame laat groei. Hulle eet ook soms mossels.

Hulle is weer op hul beurt prooi vir roofvisse en seekatte.

Yeti-krappe vertoon wit aangesien daar geen kleurpigment teenwoordig is nie in hulle liggame, waar hulle op ‘n diepte van 2300km onder die water leef.

Dié krap se naam, Kiwa, het sy oorsprong uit mitologie. Dit is die naam van ‘n Polinesiese godin van skulpvis.

Dit is egter die yeti-krappe se simmetriese kloue, bekend as chelipeds, wat wetenskaplikes opgewonde het. Hul kloue is die presiese grootte van hul doppe.

Leave a Reply

error: Content is protected !!