Skip to main content

POLOKWANE – Lede van Lephalale Vispol, Speurders en Misdaadvoorkomingseenheid het vier manlike verdagtes, tussen die ouderdomme van 25 en 47, aangekeer vir sake van huisbraak en diefstal tydens ‘n operasie wat Sondag in die vroeë oggendure uitgevoer is.

Die lede het inligting oor ‘n groep verdagtes wat op 11 en 14 Oktober 2024 by een van die kantore van Eskom op ‘n plaas in Lephalale, Waterberg-distrik plaasgevind het, opgevolg.

Die stoorkamers is oopgedwing en items ter waarde van R250000,00 is gesteel.

Die verdagtes is opgespoor in ‘n hut by Marapong Uitbreiding 4, en verskeie elektriese items is tydens die arrestasie teruggevind: een sirkelsaag, een Kauffman-hamer, een klinknaelgeweer en een Etower-battery, sonpanele, rolle gegalvaniseerde draad en ‘n bossiekapper. Die totale waarde van items wat teruggevind is, word op R55 000-00 geraam.

Die provinsiale polisiekommissaris in Limpopo, luitenant-generaal Thembi Hadebe, het die span toegejuig vir hul puik werk. “Hierdie provinsie sal nie ophou om al hierdie misdadigers te vervolg totdat hulle in hegtenis geneem, voor ‘n geregshof gebring en streng ingevolge die wet aangepak is nie.”

Die vier sal binnekort in die Lephalale-landdroshof verskyn op aanklagte van huisbraak en diefstal en die besit van vermoedelik gesteelde eiendom.

Polisie-ondersoeke duur nog voort.

Leave a Reply

error: Content is protected !!