PARKTOWN – Die polisie vra hulp van die publiek om twee mans te help opspoor wat gevlug het nadat hulle skuldig bevind is aan moord en deur die Johannesburgse hooggeregshof gevonnis is.
Die duo, Denish Moodley en Ugresen Perumal (foto) het ‘n appèl aangeteken nadat hulle skuldig bevind is aan die moord op mnr Avinash Manjanu in Lenasia-Suid in 2017. Die beskuldigdes is elk tot 25 jaar gevangenisstraf gevonnis. Hul appèl is egter van die hand gewys, en die hof het beveel dat die twee hulself aan die owerhede oorgee waar hulle met hul vonnisse sal begin. In plaas daarvan het die duo besluit om te ontvlug en het verdwyn.
Die polisie doen ‘n beroep op enigiemand wat moontlik inligting het oor waar Dinesh Moodley en Ugresen Perumal, wie se lasbrief vir inhegtenisnemings uitgereik is, hulle bevind om asseblief kolonel Nelson Manganyi by 079 529 4642 of sers Isaac Mokati by 072 326 9067 te bel.