Skip to main content

Die Polisie in Orange Farm het gereageer op ‘n skietvoorval gedurende die vroeë oggendure van 13 Oktober 2024, by Mokokotlong informele nedersetting.

Daar word berig dat een van die slagoffers na die plaaslike taverne gegaan het om alkohol te koop, maar hy het gevind dat dit reeds gesluit was. Hy het ‘n onderonsie met die taverne-eienaar gehad en is terug huis toe.

Daar word beweer dat die taverne-eienaar hom huis toe gevolg het waar die familielede ná lobola-onderhandelinge nog fees gevier het. Die eienaar van die taverne het die huis binnegegaan en op die familielede losgebrand. Hy het sewe mense doodgeskiet, insluitend ‘n driejarige seuntjie (vyf familielede, ‘n buurman en ‘n vriend). Vier mense het die skietery oorleef, twee van hulle, ‘n 31-jarige asook ‘n eenjarige seuntjie is met beserings hospitaal toe geneem terwyl ‘n 24-jarige vrou en ‘n vierjarige nie beserings gehad het nie.

Die verdagte het toe terug na Evaton gery waar hy homself na bewering geskiet het. Hy is na die hospitaal gehaas, maar hy is met sy aankoms dood.

Die provinsiale eenheid vir ernstige en geweldsmisdade het sewe aanklagte van moord, drie aanklagte van poging tot moord en ‘n geregtelike doodsondersoek geregistreer.

Leave a Reply

error: Content is protected !!