Skip to main content

PRETORIA – Die Pretoria Gespesialiseerde Handelsmisdaadhof het Andries Benjamin La Grange (50), die voormalige finansiële hoof van Steinhoff, tot 10 jaar direkte gevangenisstraf gevonnis, waarvan 5 jaar vir 5 jaar opgeskort word op voorwaarde dat hy nie skuldig bevind word van bedrog gedurende die tydperk van skorsing nie, en dat hy vir die staat getuienis aflê in enige verdere strafregtelike verrigtinge teen direkteure, beamptes en werknemers van die Steinhoff-groep.

Dit is nadat La Grange ’n pleit- en vonnisooreenkoms ingevolge artikel 105 A met die staat aangegaan het vir een aanklag van bedrog van meer as R367 miljoen, voortspruitend uit die manipulasie van finansiële state en versuim om bedrieglike aktiwiteite aan te meld. Hy is as sulks skuldig bevind.

Steinhoff was ‘n multinasionale beheermaatskappy wat in Duitsland en Suid-Afrika genoteer is en amptelik op 13 Oktober 2023 gelikwideer is. Sy belange was in die kleinhandelsektor hoofsaaklik in meubels en huishoudelike goedere en het ‘n 43,8%-belang in die Suid-Afrikaanse Pepkor-groep ingesluit .

Van November tot Desember 2016 het die destydse Hoof Uitvoerende Beampte, Markus Johannes Jooste, wat nou oorlede is, en La Grange ‘n Steinhoff-filiaal, Steinhoff At Work, die direksie van Steinhoff Manufacturing en Steinhoff Suid-Afrika met ‘n bedrag van meer as R367 miljoen bedrieg. La Grange het in opdrag van Jooste dokumentasie geskep van transaksies wat die bedrieglike transaksies ondersteun wat gebruik is om die finansiële jaarstate van die Steinhoff-groep vir die boekjaar 2016 te vervals.

Na ondersoeke deur die Johannesburgse Aandelebeurs (JSE) is La Grange met R2 miljoen beboet vir die rol wat hy in die Steinhoff At Work-transaksies gespeel het en vir 10 jaar verbied is om ‘n amp in ‘n openbare maatskappy te beklee.

Die Nasionale Vervolgingsgesag en die Direktoraat vir Prioriteitsmisdaadondersoek verwelkom die vonnis. “Om binne ‘n week ‘n tweede skuldigbevinding en vonnis in die Steinhoff-aangeleentheid te verseker, is ‘n weerspieëling dat al draai die wiele van geregtigheid stadig, straffeloosheid nie meer heers nie, en diegene wat van komplekse handelsmisdaad beskuldig word, weet nou dat dit ‘n kwessie is van wanneer die gevreesde klop aan hul deur kom.

Dit wys die NVG se toewyding in die hantering van een van die grootste gevalle van korporatiewe bedrog in die geskiedenis van Suid-Afrika. Hierdie saak was een van die mees komplekse sakemisdaadsake waarmee die DPCI en die NVG te doen gehad het.

Op ‘n stadium toe ‘n beduidende deurbraak gemaak is om die saak vroeër vanjaar in te skryf, het die hoofbeskuldigde, voormalige uitvoerende hoof van Steinhoff Markus Jooste, op die vooraand van sy arrestasie sy lewe geneem en sodoende die hande van geregtigheid vrygespring toe dit die meeste saak gemaak het.”

Leave a Reply

error: Content is protected !!