Skip to main content

In ‘n plasing wat op sosiale media rondgestuur word, pleit iemand namens die Johannesburgse Dieretuin dat mense wat bome snoei, dit asseblief aan dié dieretuin skenk.

“Vandag het ‘n vriend die snoeisels van my Vals Olyf en Acacia aan die Johannesburgse Dieretuin geskenk. Hulle het dadelik die takke en bas (Twee Bakkievragte) vir die olifante, Eland, buffels en kameelperde kom verwyder. Hulle was baie dankbaar en het my oor en oor bedank. Munisipaliteit gee nie outomaties hul snoeisels aan die dieretuin nie,” lui die plasing.

Johannesburg Dieretuin se lys van inheemse bome wat hul herbivore vreet:

Sekelbosboom

Tamboti

Knopboom

Boswilg

Buffeldoring

Moerbei

Wit stinkhout

Rhus Lancea

Vals Olyf

Geelhout

Koorsboom

Natalse Mahonie

Huil boerboon

Indien jy jou blare en takke as kos vir Johannesburg Dieretuin se herbivoor-vreters wil skenk, kontak asseblief die volgende dieretuinbewaarders:

Piet: 082 437 0266

Filemon: 067 055 0002

Richard: 078 540 2043

Indien jy in ‘n ander provinsie woon, en daar ‘n dieretuin in jou omgewing is, oorweeg dit asseblief om hulle te kontak om jou snoeisels af te haal.

Leave a Reply

error: Content is protected !!