Skip to main content

Falabella-perde is nie ‘n ponie nie, maar ‘n rasegte miniatuurperd uit Argentinië wat laer as een meter hoog staan. Die algemene hoogtes vir hierdie perde is sowat 76cm.

Hierdie sterk perdjies is byna identiese aan gewone grootte perde, met net een of twee verskille. Groot perde het 18 rugwerwels, Falabellas het 16 of 17. Beide groot perde en Falabellas se harte is dieselfde grootte, en laasgenoemde kan to 45 jaar oud word.

Hierdie perderas is ideaal om gebruik te word as ‘n terapie-dier oor hul klein bou en saggeaarde houding. Boonop is hulle baie slim en word selfs as gidsperde vir blindes ingespan.

Hulle hou nie daarvan om alleen te wees nie, en verkies een of meer maats.

 

Leave a Reply

error: Content is protected !!