Die foto wat op sosiale media versprei is nadat die trio as vermis aangemeld is.
PARKWEG – Die polisie in Boemfontein het dag en nag gewerk om na die vermiste Annemé Kleynhans (35) en haar twee seuns, Jan Hendrik (13) en Ludcé (8), te soek.
Hulle het die ma se huis op 27 September 2024, omstreeks 08:30 in Pellisier, Bloemfontein, verlaat en nooit teruggekeer nie. Hulle is op Saterdag 28 September 2024 as vermis aangemeld.
Die vermiste ma en haar twee seuns is in Secunda gevind. Hulle is ongedeerd en geen misdaad is gepleeg nie.