Skip to main content

(‘n Bietjie humor vir ‘n Maandag.)

Eens op ‘n tyd, in ‘n koninkryk nie so ver weg nie, het Sneeuwitjie die sewe dwergies leer ken … behalwe hierdie keer is dinge … ‘n bietjie anders.

Om mee te begin, is Sneeuwitjie nie juis die onskuldige prinses wat ons onthou nie. In hierdie weergawe is sy meer van ‘n pittige, no-nonsense heldin wat niks tyd gehad het vir vergiftigde appels, bose stiefma’s of ongenooide boswesens wat haar huis skoonmaak nie. “Wraggies, voëls? Ek het hande. Ek kan my eie kussings pluis.”

Dan is daar die dwergies, maar dit is nie jou gemiddelde myners nie. Hierdie span is meer soos sewe vreemd spesifieke persoonlikhede wat in ‘n sitkom hoort eerder as ‘n sprokie.

Grumpy is nie net knorrig nie – hy het ‘n koffieverslawing gehad en ‘n Twitter-rekening waar hy oor verkeer en millennials gebabbel het.

Sleepy het ‘n podcast gehad oor die voordele van kragslapies (maar het nooit lank genoeg wakker gebly om dit op te dateer nie).

Dopey? Hy is die tegnologiese ou, die genie agter die dwergkoninkryk se nuutste toepassing, Apple Recaller—so geen meer vergiftigde appel-stories nie!

Bashful is ‘n bonkige bouncer by Teasers, en sy rooi wange is beslis nie van skaamwees nie.

Sneezy het ‘n tien-jaar Kleenex kontrak raakgenies, en sedert hy baie geld én ‘n limo het, meng hy nie juis gereeld met die ander ses nie. Tensy geld betrokke is, natuurlik.

Happy beland gereeld in die tronk, want hy gebruik … middels … om die glimlag op sy gesig te hou. Geen normale dwerg kan van nature heel tyd happy wees nie.

Doc het sy lisensie om te praktiseer verloor. Dis al wat ek oor hom gaan sê.

Sneeuwitjie, synde die hedendaagse multitasker wat sy is, het hul oulike klein huisie vinnig verander in ‘n besigheid, “Six Solutions” – Sneezy bly mos in sy eie paleis – wat alles van tegniese ondersteuning tot leefstylafrigting bied. Wie het gedink ses klein konsultante kan sulke groot beïnvloeders wees? Dit is ook nie lank nie, of Sneeuwitjie reël leierskapseminare in die kasteel wat die Evil Queen gehelp het om haar doepas meer eties te bemark (want, jy weet, om mense te vergiftig is nie juis goeie PR nie).

En vergeet van daardie hele “ware liefde se soen”-einde. In hierdie weergawe word Sneeuwitjie op haar eie wakker, rol haar oë vir die oorgewig prins wat ongemaklik langs haar bed staan, en sê: “Regtig? Het jy gedink ‘n soen sal my wakker maak? Wat van ‘n koppie espresso en ‘n bietjie gratis Wi-Fi?”

Sneeuwitjie se remake gaan minder oor hulpelose meisies en meer oor vroue wat dinge gedoen kry, een gedokterde doepa op ‘n slag. Wat die dwergies betref, hulle speel álmal tans in hul eie werklikheidsprogram: Seven Dwarfs, One Cottage… Want Sneezy beoog om só geld vir sy aftrede te spaar. Een miljoen op ‘n slag.

Leave a Reply

error: Content is protected !!