Ons skrywers en digters het 2024 afgeskop met ‘n amoreuse mini-kompetisie waarin hulle hygverhale en –verse vir ons moes optower. ‘n Keur uit hierdie stories en gedigte is opgeneem in ons vyfde bundel, ‘In die nagloed van oorgawe’. Hierdie bundel sal beslis die hartklop so bietjie opjaag!
Benewens hierdie erotika-bundel, het ons lede by Skryf Jou Storie en Diggroep vir Beginners en Begaafdes reeds vier bundels in samewerking met Die Waarheid Boeke opgelewer, nl. Digvorme Volume 1/2 sowel as Vervolgverhale Volume 1/2.
Opkomende bundelprojekte
Verder is ons besig met ons grootste bundel ooit: KOLLEKTIEF! Hierdie bundel dien as ‘n kompendium van ons digters se werke wat strek vanaf 2016 – toe die groep in die lewe geroep is deur ons stigter, Louis Liebenberg – tot nou. Met byna 500 verse beloof dit om ‘n kleinood vir Afrikaanse digkuns vir vele generasies te word.
Ons is ook besig met ‘n innoverende nuwe dagboekprojek wat elke dag met ‘n inspirerende kwatryn deur ons digters begin. Met hierdie funksionele benadering tot die digkuns poog ons om mense op ‘n daaglikse basis bloot te stel aan poësie.
In 2025 skop ons ook die proses af om ‘n KOLLEKTIEF! vir ons skrywers saam te stel, wat vir die leser maande se leesgenot sal verskaf.
Indien jy belangstel om enige van hierdie bundels te bestel stuur gerus vir ons ‘n e-pos na digenskryfgroep@gmail.com
Pryslys:
Digvorme Vol. 1 – R150
Digvorme Vol.2 – Eko-verse R150
Vervolgverhale Vol. 1 – R180
Vervolgverhale Vol. 2 – R200
In die nagloed van oorgawe – R200