Skip to main content

IMPAKGEBASEERDE WAARSKUWINGS:

  • ‘n Oranje Vlak 6 Waarskuwing: Ontwrigtende sneeu word oor die noordoostelike hoëgrond van die Oos-Kaap en die suidwestelike hoëgrond van KwaZulu-Natal verwag.
  • ‘n Geel Vlak 2 Waarskuwing: Ontwrigtende sneeu word verwag oor die noordelike en sentrale hoogland van die Oos-Kaap en Vrystaat asook die westelike hoëgrond van die KwaZulu-Natal.
  • Geel vlak 2 waarskuwing vir ontwrigtende reënval word verwag oor die noord-oostelike dele van KwaZulu-Natal.
  • Geel vlak 2 waarskuwing vir sterk skadelike winde word verwag oor die Noord-Kaap, en die westelike dele in beide die Vrystaat en Noordwes.
  • ‘n Geel Vlak 2 Waarskuwing: Wind en hoë golwe word tussen Port Edward en Kosi Baai verwag.

BRANDGEVAAR WAARSKUWINGS:

Uiters hoë brandgevaartoestande word oor die sentrale deel van die Noord-Kaap verwag.

ADVIES:

  • ‘n Afsny-laagdrukstelsel sal na verwagting die Oos-Kaap, KwaZulu-Natal, dele van die Vrystaat, Mpumalanga en Gauteng van Vrydag tot Saterdag (20 en 21 September 2024) tref.
  • Baie koue toestande (maksimum temperature onder 10C) word verwag oor die binneland van die Oos-Kaap, die binneland van KwaZulu-Natal die suidelike en oostelike dele van die Vrystaat, en die Hoëveld en platorand van Mpumalanga vanaf Vrydag tot Saterdag terwyl dit Saterdag na Gauteng versprei.
  • Sneeuval word verwag oor die suidelike en oostelike hoogland van die Vrystaat insluitend die Lesotho-grens, die oostelike en noordelike hoogvlakte van die Oos-Kaap, die westelike en suidelike hoogvlakte van KwaZulu-Natal en die suidelike Hoëveld en platorand van Mpumalanga op Vrydag. Dit sal duur tot Saterdagoggend.

PRETORIA:

Bewolk in die oggend, andersins gedeeltelik bewolk met verspreide buie en donderbuie in die middag.

Minimum/Maksimum: 10/20

Die verwagte UVB Sonbrandindeks: Laag

JOHANNESBURG:

Bewolk in die oggend, andersins gedeeltelik bewolk met verspreide buie en donderbuie in die middag.

Minimum/Maksimum: 8/18

VEREENIGING:

Bewolk in die oggend, andersins gedeeltelik bewolk met verspreide buie en donderbuie in die middag.

Minimum/Maksimum: 6/17

MBOMBELA:

Bewolk met enkele buie en donderbuie.

Minimum/Maksimum: 11/17

POLOKWANE:

Bewolk met enkele buie en donderbuie in die middag.

Minimum/Maksimum:13/16

MAHIKENG:

Aanvanklik mooiweer, word gedeeltelik bewolk en winderig, met geïsoleerde buie en donderbuie.

Minimum/Maksimum: 8/25

VRYBURG:

Aanvanklik mooiweer, word gedeeltelik bewolk en winderig.

Minimum/Maksimum: 6/22

BLOEMFONTEIN:

Aanvanklik mooiweer, word bewolk en winderig, met verspreide buie en donderbuie.

Minimum/Maksimum: 4/11

KIMBERLEY:

Aanvanklik mooiweer, word gedeeltelik bewolk en winderig, met geïsoleerde buie en donderbuie.

Minimum/Maksimum: 6/13

UPINGTON:

Gedeeltelik bewolk en winderig.

Minimum/Maksimum:6/18

KAAPSTAD:

Mooiweer.

Wind: Matig tot fris suidoos.

Minimum/Maksimum: 12/20

Die verwagte UVB Sonbrandindeks: Hoog

GEORGE:

Gedeeltelik bewolk met oggendreën.

Wind: Matig tot fris suidoos tot oostelik.

Minimum/Maksimum: 9/16

GQEBERHA:

Bewolk met verspreide buie en donderbuie, wat oorslaan na gedeeltelik bewolk in die middag.

Wind: Matig tot fris suidoos.

Minimum/Maksimum: 8/17

OOS-LONDEN:

Bewolk met wydverspreide buie en donderbuie.

Wind: Matig tot fris suidoos.

Minimum/Maksimum: 10/17

DURBAN:

Bewolk met wydverspreide buie reën.

Wind: Suid- tot suidoostelik fris tot sterk. Word later matig.

Minimum/Maksimum:13/16

Die verwagte UVB Sonbrandindeks: Laag

RICHARDSBAAI:

Bewolk met wydverspreide buie reën.

Wind: Suid- tot suidoos fris tot sterk.

Minimum/Maksimum: 14/18

PIETERMARITZBURG:

Oggend miskolle met ligte reën, andersins bewolk met wydverspreide buie reën.

Minimum/Maksimum: 8/9

Bron: SAWD

Leave a Reply

error: Content is protected !!