Skip to main content

Top internasionale beroertesorgtoekenning vir hospitaal

Die World Stroke Organisation (WSO) Angel Initiative het onlangs erkenning gegee aan Netcare Blaauwberg Hospitaal se uitnemendheid in beroertesorg met sy derde agtereenvolgende internasionale Diamanttoekenning.

“Beroertebehandeling is tydsensitief en maak staat op publieke bewustheid en erkenning van beroerte as ‘n mediese noodgeval,” sê dr Charl Carstens, wat by die noodgevalle-afdeling by die Netcare Blaauwberg-hospitaal praktiseer.

Volgens die WSO Angels Initiative sterf ’n persoon wat ’n beroerte kry en gered kon word wêreldwyd elke halfuur, of kry lewensveranderende breinbesering omdat hulle nie in ’n hospitaal behandel is wat die internasionaal erkende kriteria in beroertebestuur volg nie.

“Beroerte vind gewoonlik sonder waarskuwing plaas, en ons moedig almal aan om gereeld hul cholesterol en bloeddruk te monitor as deel van hul roetine-gesondheidsondersoeke. Ons benodig ook gesinne en individue om bewus te wees van hoe die tekens van beroerte lyk en wat om te doen in hierdie noodsituasie. Dit is maklik om te onthou met die akroniem BE FAST.”

B is vir (Balance) Balans: probleme om balans te handhaaf

E is vir (Eyes) Oë: veranderinge in visie

F is vir (Face) Gesig: wat hang

A is vir (Arm) Arm: swakheid

S is vir (Speech) Spraak: moeilik om te praat

T is vir (Time) Tyd om dadelik hulp te kry – elke sekonde tel.

“Indien enige van die bogenoemde simptome van beroerte opgemerk word, is dit belangrik om die persoon toepaslike mediese aandag so gou moontlik te kry,” sê dr Carstens.

Hospitale wat deur WSO Angels Initiative erken word, soos Netcare Blaauwberg-hospitaal, word bekragtig as toegerus om die volle spektrum van diagnostiese dienste vir die identifikasie en behandeling van beroerte 24 uur per dag te verskaf volgens die streng protokolle wat deur die ‘European Stroke Organisation Enhancing and Accelerating Stroke Treatment (ESO East) and WSO’ vereis word.

Die Diamond WSO Angels-toekenning gee erkenning aan hospitale wat aan die hoogste vereistes van WSO-beroertekriteria voldoen, met die fokus op optimale pasiëntuitkomste.

“Om vir die toekennings te kwalifiseer, moet hospitale registreer by en data indien by die RES-Q kwaliteit van beroertesorgregister, wat voorsiening maak vir internasionale maatstawwe en deurlopende monitering om konsekwentheid van kwaliteit beroertesorg te verseker,” voeg Claudette Lotz, eenheidsbestuurder van Netcare Blaauwberg-hospitaal se noodafdeling by.

In 2023 het die hospitaal sy eerste Goue WSO Angels-toekenning verdien voordat dit verbeter het om Platinum-status te behaal. Netcare Blaauwberg-hospitaal het in Mei 2024 vir die eerste keer die top WSO Angels Diamond-status vir die eerste kwartaal behaal en het hierdie hoogste vlak in beroertebestuurserkenning vir die tweede en derde kwartaal gehandhaaf.

“Ons wens die dokters en verpleegpersoneel van die noodgevalle-afdeling geluk met hul fenomenale werk om te verseker dat ons beroertebehandelingsprotokolle in lyn is met internasionale beste praktyke, wat van onskatbare waarde is vir die gemeenskap wat ons dien. Ons spesiale dank aan Dr Carstens en Sr Lotz, en WSO Angels en Netcare nood- en trauma-afdeling vir hul leierskap in die verbetering van beroerte-uitkomste deur bewysgebaseerde en datagedrewe persoongesentreerde sorg,” sluit Alan Abrahams, hoofbestuurder van Netcare Blaauwberg-hospitaal af.

Leave a Reply

error: Content is protected !!