Skip to main content

IMPAKGEBASEERDE WAARSKUWINGS:

  1. ‘n Oranje Vlak 6-waarskuwing vir ontwrigtende sneeu word oor die noordoostelike hoë-grond van die

Oos-Kaap verwag.

  1. ‘n Geel Vlak 2 waarskuwing vir wind en hoë golwe word tussen Saldanhabaai en Maputo verwag.
  2. ‘n Geel vlak 2 waarskuwing vir ontwrigtende reën word oor die Tuinroete van die Wes-Kaap verwag.
  3. ‘n Geel Vlak 2-waarskuwing vir ontwrigtende sneeu word verwag oor die noordelike en sentrale

Hoë-grond van die Oos-Kaap.

  1. ‘n Geel Vlak 1 Waarskuwing vir sterk wind op see word tussen Saldanhabaai en Alexanderbaai verwag.

BRANDGEVAAR WAARSKUWINGS:

Uiters hoë brandgevaartoestande word oor die noordwestelike en noordoostelike dele van Noordwes-

Provinsie verwag.

ADVIES:

  1. Uiters warm toestande word oor die noord-oostelike dele van Limpopo verwag.
  2. ‘n Afsny-laagdrukstelsel sal na verwagting die Oos-Kaap, KwaZulu-Natal, dele van die Vrystaat,

Mpumalanga en Gauteng van Vrydag tot Saterdag (20 en 21 September 2024) bereik.

Die publiek en kleinveeboere word van die volgende ingelig:

– Baie koue toestande (maksimum temperature onder 10C) word verwag oor die binneland van die Oos-

Kaap, die binneland van KwaZulu-Natal, die suidelike en oostelike dele van die Vrystaat, en die Hoëveld

en platorand van Mpumalanga van Vrydag tot Saterdag terwyl dit Saterdag na Gauteng versprei.

– Sneeuval word oor die suide en oostelike hoogliggende gebied van die Vrystaat, insluitend die Lesotho

grens, die oostelike en noordelike hoë-grond van die Oos-Kaap, die westelike en suidelike hoë-grond van

KwaZulu-Natal en die suidelike Hoëveld en platorand van Mpumalanga van Vrydag tot Saterdagoggend

verwag.

PRETORIA:

Mooiweer.

Minimum/Maksimum: 12/30

Die verwagte UVB Sonbrandindeks: Baie hoog

JOHANNESBURG:

Mooiweer.

Minimum/Maksimum: 10/27

VEREENIGING:

Mooiweer.

Minimum/Maksimum: 9/27

MBOMBELA:

Mooiweer, word bewolk in die aand met motreën.

Minimum/Maksimum: 15/29

POLOKWANE:

Mooiweer.

Minimum/Maksimum: 16/33

MAHIKENG:

Mooiweer.

Minimum/Maksimum: 8/29

VRYBURG:

Mooiweer.

Minimum/Maksimum: 5/28

BLOEMFONTEIN:

Mooiweer en winderig.

Minimum/Maksimum: 6/19

KIMBERLEY:

Mooiweer en winderig.

Minimum/Maksimum: 4/21

UPINGTON:

Mooiweer.

Minimum/Maksimum: 6/23

KAAPSTAD:

Gedeeltelik bewolk met enkele buie reën in die oggend.

Wind: Fris tot sterk suid tot suidoos.

Minimum/Maksimum: 11/16

Die verwagte UVB Sonbrandindeks: Hoog

GEORGE:

Bewolk met wydverspreide buie en donderbuie.

Wind: Fris tot sterk suid tot suidoos, later matig en word vanaf die aand oostelik.

Minimum/Maksimum: 10/14

GQEBERHA:

Bewolk met wydverspreide buie en donderbuie.

Wind: Fris tot sterk suidwes vroegoggend, andersins matig tot fris suidoos.

Minimum/Maksimum: 11/17

OOS-LONDEN:

Bewolk met wydverspreide buie reën.

Wind: Fris tot sterk suidwestelik, wat oorslaan in suid-oostelik in die middag.

Minimum/Maksimum: 12/16

DURBAN:

Bewolk met verspreide buie reën vanaf die middag.

Wind: Matig suidoos in die oggend, andersins matig tot fris suidwaarts tot suidwestelik, word sterk tot byna stormsterk in die middag.

Minimum/Maksimum: 15/20

Die verwagte UVB Sonbrandindeks: Matig

RICHARDSBAAI:

Bewolk met enkele buie reën vanaf die middag.

Wind: Matig suidoos in die oggend, andersins matig tot fris suidwaarts tot suidwestelik, word sterk tot byna stormsterk in die middag.

Minimum/Maksimum: 17/22

PIETERMARITZBURG:

Miskolle in die oggend, andersins bewolk met enkele buie reën van die middag af.

Minimum/Maksimum: 12/15

 

Bron: SAWD

Leave a Reply

error: Content is protected !!