MPUMALANGA – Sewe-en-twintig (27) beskuldigdes van drie distrikte binne die Mpumalanga-provinsie, is vandeesweek deur verskillende landdroshowe op borg vrygelaat nadat hulle in hegtenis geneem is tydens ‘n multidissiplinêre intelligensie-gedrewe gesamentlike operasie deur ‘n span, bestaande uit die Direktoraat vir Prioriteitsmisdaadondersoek Mpumalanga, Padverkeersbestuurskorporasie en Misdaadintelligensie by Sabie, Graskop, Lydenburg en Verena, onderskeidelik, vir bedrog, korrupsie en die oortreding van die nasionale padverkeerswet.
Drie beskuldigdes wat Maandag, 16 September 2024 by Sabie gearresteer en aangehou is, is op borgtog van R5 000 elk vrygelaat: Momo Beauty Mathebula (30) toetseksaminator, Roandey Mazuzu Mkhonto (49) toetseksaminator en Jackson Mokoena (42), bestuurskooleienaar . Hul saak is tot 8 November 2024 vir verdere ondersoek uitgestel.
Die vier beskuldigdes wat op Maandag 16 September 2024 by Lydenburg in hegtenis geneem is, is ook op borgtog van R5 000 elk vrygelaat: Lucky Nhlahla Shabangu (45), Reneilwe Linah Phala (45), Seth Moleseng Mashile (55), en Patracia Pretty Sekome (36), bestuurskool-eienaar. Die saak is tot 6 November 2024 uitgestel.
Die twee beskuldigdes wat by Graskop in hegtenis geneem is, is op borgtog van R10 000 elk vrygelaat: Eric Mawelele (57) en Bheki John Mamba (590 se saak is tot 18 November 2024 uitgestel.
Vier verkeersbeamptes is soos volg by Verena gearresteer; Abram Mashiane (43), Tshepo Skhosana (48), Abram Mahlangu (43) en Sarah Ndala (59)
‘n Beskuldigde wat by Charl Cilliers gearresteer is, Neo Lawrence Mofube (32) is op borgtog van R1 000 vrygelaat, en sy saak is tot 22 Oktober 2024 uitgestel.
Die operasie is op Dinsdag, 17 September 2024 voortgesit. Die beskuldigde wat by Kabokweni Verkeersdepartement gearresteer is, David Kenneth Twala (49), is op borgtog van R5 000 vrygelaat, en sy saak is tot 21 Oktober 2024 uitgestel.
‘n Beskuldigde gearresteer by Hazyview Rodney Plus Nkuna (33) is op borgtog van R2500 vrygelaat, en sy saak is tot 24 Oktober 2024 uitgestel.
Twee beskuldigdes wat in Nelspruit gearresteer is, Sboniso Nkosi (38) en Bhekifa Mfankomo (51) is elk op borgtog van R1 500 vrygelaat en hul saak is tot 21 Oktober 2024 uitgestel.
August Veronica Nkambule (47), wat op Malelane gearresteer is, is op borgtog van R3 000 vrygelaat en sy saak is tot 22 November 2024 uitgestel.
Beskuldigdes Sipho Mkhonto (40) en Eleck’s Ngwamba (52) wat by Witrivier in hegtenis geneem is, is op borgtog van R2 500 vrygelaat en hul saak is tot 24 Oktober 2024 uitgestel.
Beskuldigdes gearresteer by Kanyamazane, Sylvester Goodman Hlaka (49) en Joseph Koos Mathebula (55) is elk R10 000 borgtog toegestaan, en hul saak is tot 23 November 2024 uitgestel.
Vier beskuldigdes wat by Calcutta in hegtenis geneem is – Nomzamo Duba (39), S Mngwenya (29), Ntimane RN (41) en SS Makamo (64) – is elk op borgtog van R5 000 vrygelaat en hul saak is tot 14 November 2024 uitgestel.
Die Provinsiale Hoof van die Valke, generaal-majoor Gerber en die HUB van die RTMC, het die samewerking waardeer deur die span wat onverpoosd gewerk het om te verseker dat die operasie suksesvol afgehandel is en alle misdadigers agter die tralies is.
Hy het verder gesê dat “as die Valke saam met ander wetstoepassingsagentskappe werk, ons alle korrupte wetstoepassingsbeamptes binne die stelsel sal ondersoek en arresteer, sonder vrees en guns”. Hy het die publiek verder versoek om sulke voorvalle aan te meld. Hy het verder beklemtoon dat korrupsie nie kan oorleef as die publiek weier om omkoopgeld te betaal om bedrieglike lisensies te bekom nie. Hy het lede van die publiek gewaarsku om hulle te weerhou van omkoopgeld in watter vorm ook al, aangesien hulle self ingevolge wetgewing vervolg kan word.
“Alle staatsamptenare: dien die mense en nie jou eie sakke nie. Ondersoeke soos hierdie sal aan die gang bly, en korrupte amptenare en die publiek wat omkoopgeld vra of betaal, sal gearresteer word,” het hy bygevoeg.