Veertien verkeersbeamptes, asook ‘n bestuurskooloperateur is in ‘n gesamentlike operasie deur die Padverkeersbestuur se Anti-Korrupsie-eenheid (NTACU), die Direktoraat vir Prioriteitsmisdaadondersoek (DPCI) en Polisiemisdaadintelligensie in Mpumalanga in hegtenis geneem op aanklagte van bedrog en korrupsie wat verband hou met die onreëlmatige uitreiking van bestuurslisensies en die aanvaar van omkoopgeld.
Die operasie het in Sabie, Granskop, Lydenberg, Elukwatini en Verena plaasgevind waar verdagtes tussen die ouderdomme van 34 en 59 jaar in ‘n gekoördineerde wetstoepassingstog vasgetrek is.
’n Manlike en vroulike eksaminator van lisensies en ’n bestuurskooloperateur is by Sabie bestuurslisensie-toetssentrum (DLTC) gearresteer terwyl vier (4) eksaminatore van bestuurslisensies by Lydenberg DLTC, insluitend twee (2) eksaminatore in Graskop DLTC, vasgetrek is.
Die arrestasies het gevolg op uitgebreide ondersoeke waarby die RTMC-teenkorrupsie-eenheid, die Valke en die misdaadintelligensie betrokke was.
Die verdagtes sal na verwagting teregstaan op aanklagte van bedrog, korrupsie en oortreding van die Nasionale Padverkeerswet.
Die ondersoeke het in 2021 begin waar daar beweer word dat bestuurskooleienaars in Sabie met departementele amptenare saamgespan het om leerlinglisensies en bestuurslisensies aan aansoekers uit te reik sonder om normale prosesse van roetinetoetse uit te voer en aansoekers te help om leerlinglisensies te skryf. Bestuurderslisensies is na bewering aan aansoekers uitgereik sonder dat hulle getoets is nadat hulle buitensporige bedrae kontant betaal het.
Intussen is 4 verkeersbeamptes in Verena ook gearresteer vir die aanvra van omkoopgeld van motoriste wat die padreëls oortree het, in buitensporige spoed en ander verwante padverkeersoortredings.
Hulle is in hegtenis geneem as deel van Operasie “Kwanele” in Mpumalanga om bedrog en korrupsie by die DLTC’s op te ruim.
Lede van die publiek wat lisensies deur korrupte middele bekom, hou ‘n gevaar in vir ander motoriste; lede van die publiek word aangemoedig om van hierdie korrupte aktiwiteite af te sien. Wetstoepassers sal nie rus totdat korrupte elemente uit die stelsel geskraap is nie.
NTACU doen ‘n beroep op die publiek om verkeersbedrog en korrupsie aan te meld by Ntacu@rtmc.co.za of Whatsapp by 083 293 7989.