Skip to main content

Die Joshlin Smith-saak is weer gister in die Vredenburg-landdroshof uitgestel nadat daar na bewering nuwe inligting deur die staat bekom is.

Smith (6) se verdwyning vanuit die Middelpos informele nedersetting in Saldanhabaai op 19 Februarie 2024 het die hele land aangegryp.

Racquel Chantel Smith, Joshlin se ma, asook haar medebeskuldigdes, Jacquin Rowhan Appollis – haar kêrel – Lourentia Lombard en Steveno van Rhyn se verskyning in die hof vir aanklagte van mensehandel en ontvoering het weer opnuut gemoedere onder alle Suid-Afrikaners laat opvlam.

Landdros Theresa Postma het dit duidelik gemaak dat die saak nou vir die laaste keer uitgestel word. Die nuwe hofdatum is 21 Oktober 2024.

Leave a Reply

error: Content is protected !!