Skip to main content

WES-KAAP – Die lede verbonde aan Maitland Flying Squad gaan voort om te verseker dat hulle die onwettige verspreiding van dwelms en vuurwapens, wat as die primêre oorsaak van kriminele aktiwiteite beskou word, in hul gemeenskappe uitroei.

Lede het gereageer op inligting wat ontvang is oor dwelms by ‘n perseel in Gordonsbaai. Die perseel sowel as die voertuig op dei perseel is deursoek en daar is beslag gelê op 40 mandrax-tablette, vyf klein pakkies tik en ‘n onbekende bedrag kontant wat vermoedelik die opbrengs van misdaad is. ‘n 43-jarige verdagte is deur Gordonsbaai SAPD gearresteer en aangehou vir die besit van dwelms.

In ‘n onverwante aangeleentheid het lede van Maitland Flying Squad ook inligting opgevolg oor ‘n moord wat in Hanover Park-omgewing gepleeg is. Die verdagte is in ‘n informele nedersetting in Kampies-plakkerskamp opgemerk. Toe die lede by die geïdentifiseerde perseel aankom, het hulle gesien hoe die verdagte ‘n vuurwapen uit sy sak haal en dit op die grond neergooi toe hy die SAPD-lede opmerk. Die 32-jarige man is in hegtenis geneem en aangehou by Philippi SAPD vir die besit van ‘n ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie.

Die verdagtes sal in die Strand- en Athlone-landdroshoweverskyn sodra hulle aangekla is.

Leave a Reply

error: Content is protected !!