Tegniese magnaat Elon Musk het aangebied ‘om ‘n kind by Taylor Swift te verwek en haar katte te beskerm’, nadat die sangeres haar ondersteuning aan Demokraat Kamala Harris in die Amerikaanse presidensiële wedren aangekondig het.
In ‘n plasing aan haar 280 miljoen Instagram-volgelinge het die 34-jarige popster as steun aan Harris ‘n foto van haarself gebruik wat ‘n kat vashou, en dit geteken “Childless Cat Lady.”
Dit het gelyk of dit ‘n steek was na ‘n verklaring deur J.D. Vance, Republikeinse kandidaat Donald Trump se mede-kandidaat, wat gesê het die Demokrate word bestuur “deur ‘n klomp kinderlose katdames.”
“Goed Taylor … jy wen … ek sal vir jou ‘n kind gee en jou katte met my lewe bewaak,” het Musk Woensdag op X geplaas.
Musk het sedert 2000 ten minste 12 kinders by drie verskillende vroue verwek.
Hy het Trump ook openlik onderskryf en te kenne gegee dat hy die pos van “regeringsdoeltreffendheid-tsaar” in sy administrasie sal aanvaar.
Swift het Harris in die openbaar gesteun ná Dinsdagaand se presidensiële debat met Trump en haar “’n bestendige, begaafde leier” genoem en aangevoer dat die VSA meer kan bereik “as ons gelei word deur kalmte en nie chaos nie.” Die goedkeuring het nie juis as ‘n verrassing gekom nie, aangesien Swift die Joe Biden-Kamala Harris-vennootskap in 2020 gesteun het.
Haar katterige plasing Dinsdag het daartoe gelei dat sy volgelinge op sosiale media verloor het, wat daarop dui dat daar ‘n mate van substansie kan wees in gerugte oor baie ‘Swifties’ wat Trump nou bevoordeel.
“Swift se onderskrywing van Harris kan haar uiteindelik etlike honderdmiljoene dollars kos,” het die spotprenttekenaar en kommentator Scott Adams gesê. Hy het ongeveer ‘n verlaging van 20% op haar jaarlikse inkomste van $92 miljoen bereken as gevolg van die verlies van pro-Trump-aanhangers, die betaling van hoër belasting as die Demokrate wen, en die “waansinnige” ongerealiseerde winsbelasting op die waarde van haar musiekkatalogus, wat tans op “ongeveer $500-600 miljoen beraam word nie.”
“Maar as sy instem om Elon se baba te hê, kan sy gelykbreek,” het Adams gespot.