MARIUS BROODRYK
VRYSTAAT – Twee susters, onderskeidelik 35 en 42 jaar oud, het in die hof verskyn op aanklagte van bedrog, die onwettige besit van Suid-Afrikaanse identiteitsdokumente en oortreding van die Immigrasiewet. Hulle is met vals identiteitsdokumente en ‘n paspoort in Dagbreek, naby Welkom, gearresteer.
‘n Ondersoek het aan die lig gebring dat hulle vir die departement van binnelandse sake gejok het deur vals geboortedatums te gebruik om die dokumente te bekom.
Hulle het ook buitelandse reisdokumente gehad en het ‘n noodpaspoort gebruik om Suid-Afrika in en uit te gaan in 2006.
Hierdie arrestasie is deel van Operasie Vala Umgodi, wat gelei het tot die arrestasie van 29 onwettige immigrante vandeesmaand in die Vrystaat.