MARIUS BROODRYK
‘n Vinnige en gekoördineerde reaksie gister van wetstoepassingsagentskappe het ‘n roof- en gyselaarsituasie in die berge van Erasmia, Pretoria, gefnuik.
Na ‘n wenk het lede van die Gautengse verkeerspolisie, SAPD Erasmia en ander eenhede saamgewerk om drie verdagtes wat met die misdaad verbind word, vas te trek.
Die verdagtes het drie slagoffers met vuurwapens beroof en aangehou, selfone gesteel en lewens in gevaar gestel. Die suksesvolle operasie het ‘n potensieel gevaarlike situasie vinnig tot ‘n einde gebring, en die gearresteerde verdagtes word nou ondersoek vir moontlike verbande met ander rooftogte.