Skip to main content

Derduisende Suid-Afrikaners het reeds teen week twee nadat die tweepotstelsel met betrekking tot pensioenfonds-onttrekkings in werking getree het, vir honderde miljoene rande se fondse daaruit aansoek gedoen.

Volgens die nuwe stelsel mag Suid-Afrikaners 10% van hul aftreespaargeld onttrek. Die minimum onttrekking is R2000 en die maksimum is R30 000. Hierdie bedrae sal dienooreenkomstig belas word.

Alexander Forbes, een van die pensioenfondsreuse,  verwag dat kliënte sowat R55 miljard van hul pensioenfondse sal aanvra.

Old Mutual en Metropolitan is ook oorval deur aansoeke vir onttrekkings.

Leave a Reply

error: Content is protected !!