Skip to main content

OOS-KAAP – Die Gqeberha Gespesialiseerde Handelsmisdaadhof het Liezel Badenhorst (44), ‘n voormalige prokureursfirma trustrekenmeester, op 4 September 2024 skuldig bevind aan bedrog. Badenhorst is op 24 Julie 2024 deur die Gqeberha Ernstige Kommersiële Misdaad-ondersoekspan van die Valke in hegtenis geneem en het dieselfde dag van haar inhegtenisneming in die hof verskyn waar sy op borgtog van R10 000 vrygelaat is.

Gedurende die tydperk tussen 2018 en 2023 het die beskuldigde geld van Du Toit-prokureurs wanbestee. In die tyd was Badenhorst se pligte in die regsfirma om die kliënte se beleggingsfondse, trustkwitansies en betalings te hanteer. Daarna het die sake-entiteit se besturende direkteur teenstrydighede uit die trustbankrekening opgetel, waarna die saak na die Valke verwys is vir ondersoek.

Voorlopige ondersoeke het onthul dat die beskuldigde ongemagtigde transaksies gedoen het deur kontant van die praktyktrustbankrekening na haar persoonlike bankrekening in paaiemente oor te plaas.

Die ondersoeke deur die Valke het verder aan die lig gebring dat die beskuldigde aanmeldbesonderhede van ‘n senior prokureur gebruik het en verskeie transaksies gedoen het deur geld in haar bankrekening oor te plaas. Gevolglik is die prokureursfirma kontant ter waarde van meer as R17 miljoen benadeel. Verder het die beskuldigde die rekeningkundige stelsel gemanipuleer wat gelei het tot vervalsing van finansiële rekords.

Badenhorst is op 4 September 2024 deur die Gqeberha Gespesialiseerde Handelsmisdaadhof skuldig bevind en die saak is tot 11 November 2024 uitgestel vir vonnisoplegging.

Die provinsiale hoof van die Valke, generaal-majoor Obed Ngwenya het die ondersoekspan toegejuig vir die skuldigbevinding en vertroue uitgespreek dat dit tot ‘n aansienlike vonnis sal lei.

Leave a Reply

error: Content is protected !!