Suid-Afrikaners word aangemoedig om Suid-Afrikaanse Gebaretaal te leer namate die land by die wêreldgemeenskap aansluit ter herdenking van Internasionale Maand vir Dowes.
Internasionale Maand vir Dowes word jaarliks in September gehou om bewustheid van die regte van dowe mense regoor die wêreld te bevorder, en uitdagings wat dowe mense in die gesig staar uit te lig.
Die maand word gebruik om die begrip van die dowe gemeenskap te bevorder, en om mense aan te moedig om stappe te neem om meer inklusief te wees en diversiteit te vier. Dit sluit die aanleer van gebaretaal in sodat mense met die dowe gemeenskap kan kommunikeer.
Vanjaar se Internasionale Maand vir Dowes word gedenk onder die tema: “Sluit aan vir Gebaretaalregte”.
Met die viering van Dowe Bewusmakingsmaand het die Minister van Vroue Jeug en Persone met Gestremdhede, Sindisiwe Chikunga, ‘n beroep op Suid-Afrikaners gedoen om Gebaretaal aan te leer, aangesien “dit die doeltreffendste manier is om met dowe individue te kommunikeer en daarmee in verbinding te tree”.
“Openbare aktiwiteite moet gefokus word op hoofstroom en voorspraak vir die regte van die dowe gemeenskap, om sosiale kohesie te bevorder, en opvoeding oor gestremdheid inklusiewe taal om enige vorm van onbillike diskriminasie uit te skakel,” het Chikunga gesê.
Sy het genoem dat Suid-Afrika se dowe gemeenskap goed gevestig is, met meer as vier miljoen dowe en hardhorende mense.
Die wysiging van artikel 6 van die Grondwet Agtiende Wysigingswetsontwerp om Suid-Afrikaanse Gebaretaal as die 12de amptelike taal in die land in te sluit, is ‘n groot stap in die rigting van effektiewe beskerming en bevordering van die linguistiese regte van die dowe gemeenskap.
“Die jaar 2024 staan uit as ‘n betekenisvolle jaar in Suid-Afrika, aangesien Mia Le Roux geskiedenis gemaak het deur die eerste individu met ‘n gehoorgestremdheid te word wat as Mej Suid-Afrika gekroon is. Hierdie maand-lange viering het ten doel om inklusiwiteit aan te moedig, Gebaretaalonderrig te bevorder, en ‘n dieper begrip van dowe kultuur te kweek,” het Chikunga gesê.
In die leiding van sosio-ekonomiese transformasie en die implementering van bemagtiging en deelname van mense met gestremdhede deur hoofstroom en voorspraak, het die departement verder ‘n beroep op alle sektore van die samelewing gedoen om inisiatiewe te ontwikkel om hierdie maand te herdenk en die dowe gemeenskap die waardigheid te gee wat hulle verdien.