VRYSTAAT – Operasie Knockout in die stryd teen onwettige mynbou het die gesag van die staat in Lejweleputswa en omliggende gebiede duidelik gewys.
Die multidissiplinêre operasie-aksies en reaksie op inligting oor onwettige handel wat by enige skag in die Welkom-omgewing plaasvind, is wat die projek ‘n sukses maak. Ou skagte is takties genader, en 366 verdagtes is gearresteer terwyl hulle besig was met onwettige mynbou
Beslagleggings sluit in tuisgemaakte toerusting wat in onwettige mynbou gebruik word, goudhoudende materiaal, verbode middels, asook geld wat verkry is vir die verkoop van verbode middels. Die span het ook die strate skoongemaak van ongedokumenteerde mense wat aan Binnelandse Sake oorhandig is.
Die Knockout-span gaan onverpoosd voort om Lejweleputswa veilig te maak teen onwettige mynbou terwyl hulle ook as ‘n kragvermenigvuldiger vir plaaslike stasies in die area werk. Die operasie gaan voort.