MARIUS BROODRYK
In ‘n gesamentlike operasie deur die KwaZulu-Natalse polisie en die Valke is daar op 4 September 2024 beslag gelê op gesteelde koperkabels ter waarde van ongeveer R20 miljoen by ‘n Queensburgh skrootwerf. Die herwinning het gevolg op ‘n wenk oor onwettige aktiwiteite op die terrein.
‘n 59-jarige bestuurder van die skrootwerf is gearresteer en sal aangekla word.
Amptenare van die eThekwini Munisipaliteit het bevestig dat die meeste van die koper wat herwin is aan die munisipaliteit behoort.