MARIUS BROODRYK
Jude Yaya Oka en Evans Akor Tiku, twee Kameroense burgers, het op 4 September 2024 in die Pretoria-landdroshof verskyn omdat hulle na bewering vervalste Suid-Afrikaanse en Amerikaanse geldeenhede vervaardig het.
‘n Gesamentlike operasie deur die Valke, SAPD K9-eenheid en die Suid-Afrikaanse Reserwebank het gelei tot die beslaglegging op vals geldeenheid en ‘n drukker by ‘n stooreenheid in Pretoria.
Die paar is aangekla van die oortreding van die Valutawet en Reserwebankwet.
Hul borgtogaansoek is vir 10 September 2024 vasgestel.