Skip to main content

GEORGE APRIL

Volgens statistieke Suid Afrika is die Wes-Kaap tans die Mekka van misdaad in die land.

Misdaad-voorvalle wat op sosiale platvorms versprei word, vertel dié skokkende feite, en nuus wat nooit die hoofstroom-media haal nie, is skietvoorvalle op die “Kaapse Vlakte”.  Skietvoorvalle vind daagliks plaas in veral Mannenberg, Elsiesrivier, Mittchels Plein, Kraaifontein en Eersterivier.

‘n 20-jarige man is gister in Hazendal, Elsiesrivier in die kop geskiet.

Mense wat noodlottig gewond word, of in hospitale opgeneem word, haal meestal die nuus op sosiale platvorms, en nie die koerante nie.  Inwoners kan getuig van verskeie skote wat gistermiddag geskiet is in die Eikendal Primêre Skool-omgewing in Kraaifontein.

Klein besighede in dié betrokke streke wat beskermingsgelde aan ‘gangsters’ moet betaal, is ook van die polisie se grootste kopsere.

‘n Spesiale polisie-taakmag ondersoek tans dié beweringe, en dis glo veral uitlanders wat afgepers word.

Daaglikse aanrandings en rooftogte van onskuldige mense op straat of in hul voertuie is ook nie meer nuus nie.

Die polisie het gistermiddag, wat blyk na ‘n geheime operasie te wees, verskeie verdagtes in Jan Smutsrylaan naby Kromboompark in hegtenis geneem. Die verdagtes het in ‘n taxi gery toe hulle afgetrek is. Die omstandighede van die arrestasie is in hierdie stadium onbekend.

Die polisie het ook verskeie rooftog-verdagtes in Pufferstraat, Sillwood Heights, in Eersterivier in hegtenis geneem vir ‘n gewapende rooftog nadat ‘n besigheid in Blackheath gistermiddag beroof is.

Leave a Reply

error: Content is protected !!