MARIUS BROODRYK
Op 3 September 2024 het ‘n gesamentlike operasie deur SAPD en privaat sekuriteitsmaatskappye gelei tot die arrestasie van drie mans tussen die ouderdomme van 35-42. Hulle word daarvan verdink dat hulle deel is van ‘n voertuigdiefstalsindikaat in Roodepoort, Gauteng.
Die verdagtes, wat met verskeie diefstalsake verbind word, is met militêre-graad-blokkers (jammers), elektroniese toestelle en vals registrasieplate in hul Audi A3-sedan gevind.
Hulle sal na verwagting binnekort in die Roodepoort-landdroshof verskyn.