Skip to main content

GEORGE APRIL

Drie mense het Saterdagaand omstreeks middernag in twee afsonderlike voorvalle op dieselfde plek op die Broadlands pad in Gordonsbaai gesterf.

Eers is ‘n voetganger doodgery, maar die bestuurder het aangehou ry, sonder om stil hou.  Polisielede wat ‘n vangwa bestuur het, het op die toneel vir forensiese en nooddienste gewag.  ‘n Tweede motor het toe teen ‘n baie hoë spoed in die polisie-vangwa vasgejaag.

Die slag was so geweldig dat die vangwa omgeslaan het.  Die twee insittendes in die motor moes met noodtoerusting uit hul voertuig gesny word. Albei is later deur lede van die forensiese span op die toneel dood verklaar.

***

In ‘n ander ongeluk gistermiddag (Sondag) in Eersterivier, is ‘n persoon tydens ‘n botsing tussen twee voertuie dood.  Die ongeluk, tussen ‘n trok en ‘n ligte voertuig, het omstreeks 14h00 op die kruising van Eersterivier Straat en Forestland plaasgevind.

Die brandweer, ambulans en ander nooddienste was op die toneel om die een beseerde persoon te behandel.

Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

Leave a Reply

error: Content is protected !!