WES-KAAP – Die versterking van die bande tussen die Suid-Afrikaanse Polisiediens en die gemeenskap van Delft het sukses opgelewer nadat polisielede inligting van ‘n gemeenskapslid ontvang het oor ammunisie wat by ‘n perseel in Eindhoven, Delft aangehou word.
Lede van die Openbare Orde Polisie was besig met misdaadvoorkomingsoperasies in Delft weens voortslepende bendegeweld in die gebied toe hulle inligting ontvang het oor ammunisie wat by ‘n perseel in Churchillstraat, Eindhoven, Delft aangehou word. Die lede het ná die deursoek van die perseel beslag gelê op 50 357 Magnum-rondtes ammunisie. ‘n 42-jarige vrou is gearresteer vir die onwettige besit van ammunisie toe sy nie ‘n permit kon toon om die ammunisie te besit nie.
Die verdagte sal in die Bellville-landdroshof verskyn sodra sy aangekla is.
In ‘n onverwante ingryping het lede van Operasie Shanela wat in die Mitchell’s Plain-gebied ontplooi is, ‘n perseel in Silwermynstraat, Tafelsig deursoek en beslag gelê op 50 mandrax-tablette en ‘n onbekende bedrag kontant.
’n 29-jarige verdagte is gearresteer en sal vandag in die Mitchell’s Plain-landdroshof verskyn.