George April
Daar is vanoggend verskeie vertragings in treindienste in die Wes-Kaap weens oorhoofse kragonderbrekings.
Die Mandalay-treindiens ondervind beperkte vertragings tussen die Pinelands en Hazendal stasies, Kaapstad na Langa via Pinelands, asook tussen Pinelands en Hazendal op die Kaapse Vlakte.
Passasiers kan vertragings van tot 60-minute of meer in die geaffekteerde gebiede verwag. Instandhoudingspanne is besig om die kragkwessie reg te stel sodat normale diens gelewer kan word.
Passasiers moet ook kennis neem dat treine nie by Philippi-stasie stop nie.
Metro Rail vra om verskoning vir die ongerief en vra passasiers se begrip.
Passasiers moet kennis neem dat hierdie vertragings onderhewig is aan verandering.