Marius Broodryk
‘n Adjudant-offisier van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD), wat gesoek is vir die strafbare manslag van die 26-jarige Phumla Mtshali, het selfmoord gepleeg by ‘n hotel in Umhlanga Rocks, KZN.
Mtshali is op 16 Augustus noodlottig getref deur ‘n swart Toyota Fortuner, geregistreer as ‘n SAPD voertuig, op Phoenix Highway in Phoenix, KZN.
Die bestuurder het van die toneel gevlug, en die voertuig is later op ‘n plaas in Canelands, KZN gevind met vermiste registrasieplate .
Die beampte, wat die voertuig as gesteel aangemeld het, sou in hegtenis geneem word toe hy sy eie lewe geneem het.