KIMBERLEY – Die Noord-Kaapse multidissiplinêre Operasie Vala Umgodi-span, wat die taak het om onwettige mynbedrywighede te bekamp, het vanaf Vrydag, 16 Augustus 2024, aksies in die Namakwa-distrik uitgevoer.
Hierdie optrede het gelei tot die arrestasie van 29 ongedokumenteerde persone in en om Sizamile-lokasie Port Nolloth, Bontekoe en Nuttaboy-myngebiede.
Spanne bestaande uit die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW), die Departement van Binnelandse Sake Immigrasiedienste en Springbok Openbare Orde Polisie, het die operasie uitgevoer.
Daar is tydens hierdie operasies beslag gelê op talle mynimplemente en diamantdraende gruis.
Die verdagtes is aangehou sodat hulle deur die amptenare van die departement van binnelandse sake se immigrasiedienste verwerk en geverifieer kan word voordat hulle formeel aangekla en aan die hof voorgelê word vir deportasie.
As jy iets sien, SÊ iets. Rapporteer onwettige mynbou by die SAPD Crime Stop 08600 10111.