‘n 40-jarige Zambiese burger is onderskep toe hy Sondagoggend vanaf Zambië by die OR TAMBO Internasionale Lughawe in die land aangekom het.
Die polisie het die verdagte se beweging fyn dopgehou.
Die verdagte is glo een van die grootkoppe agter ‘n ontvoering vir lospryssindikaat wat sakemanne in Suid-Afrika teiken.
Hy word spesifiek verbind met die ontvoering van ’n 63-jarige sakeman.
Die sakeman is in Julie in Helderkruin, Roodepoort, ontvoer.
Hy is gered op dieselfde dag wat die polisie die ontdekking van R300 miljoen se kristalmeth by twee eiendomme in Fourways en ‘n hotel in Bruma gemaak het.
Hy is glo ook ‘n sleutelfiguur in die R300 miljoen crystal meth-dwelms waarop beslag gelê is.
Die polisie het die verdagte opgespoor en met sy aankoms by die OR TAMBO-lughawe is hy in hegtenis geneem deur ‘n multidissiplinêre span onder leiding van SAPD