OOS-KAAP – Die Valke in Oos-Kaap doen ‘n beroep op die publiek om hulp om ‘n verdagte (soos uitgebeeld op die foto) bekend as Neliswa Elizabeth Nofilita (52), op te spoor. Die verdagte word gesoek in verband met bewerings van bedrog en ‘n belastingontduikingsaak wat gedurende die tydperk tussen 2014 en 2015 by Oos-Londen plaasgevind het.
Daar word beweer dat die beskuldigde gedurende die tydperk tussen 2014 en 2015 onregmatig, valslik verklaar het – met die doel om die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) te bedrieg – dat haar besigheid nie handel dryf of enige besigheid gedurende die genoemde tydperk gedoen het nie. Daar word verder beweer dat sy nie Belasting op Toegevoegde Waarde (BTW) gedurende die voorgenoemde tydperk namens haar besigheidsentiteit ingevorder het nie en ook nie die SAID geld skuld nie. Daardeur is die SAID met ‘n bedrag van meer as R633 000 benadeel.
Nofilita is op 24 Maart 2023 deur die Hawk’s Ernstige Kommersiële Misdaad-ondersoek in hegtenis geneem en sy het op dieselfde dag van haar inhegtenisneming voor die Oos-Londen-landdroshof verskyn, waar sy op borgtog vrygelaat is. Haar saak is tot 23 Oktober 2023 uitgestel maar sy het versuim om voor die hof te verskyn en haar borgtog is verreken. ‘n Lasbrief vir haar arrestasie is gemagtig. Pogings om haar by haar vorige bekende adres op te spoor was onsuksesvol.
Die provinsiale hoof van die Valke, generaal-majoor Mboiki Ngwenya doen ‘n beroep op Nofilita om na vore te kom en haarself oor te gee en doen ook ‘n beroep op die gemeenskap om inligting te gee oor waar sy haar bevind deur die ondersoekbeampte ao Gideon Smith te kontak by 072 580 2538 of kontak Crime Stop by 08600 10111 of kontak die naaste polisiestasie. Die Provinsiale Hoof het die gemeenskap verder verseker dat alle inligting wat ontvang word met die strengste vertroulikheid hanteer sal word.