Skip to main content

BLOEMSPRUIT – Vier mans is in hegtenis geneem en tien skape is teruggevind nadat die polisie inligting oor veediefstal opgevolg het.

Polisielede het gereageer op inligting rakende moontlike veediefstal wat in die Bloemspruit-omgewing plaasgevind het. ‘n Toyota Tazz is afgetrek en in die voertuig het die polisie twee skape in die kattebak van die voertuig en een op die passasiersitplek gevind. Vier mans, tussen 24 en 65 jaar oud, wat ook in die voertuig was, is in hegtenis geneem.

Lede van die Bloemfontein Flying Squad asook die Bloemfonteinse eenheid vir veediefstal en bedreigde spesies het verdere inligting opgevolg, wat hulle na ‘n huis in die Pieter Swartz-omgewing geneem het. Nog sewe skape is daar gevind.

Die polisie het beslag gelê op die Toyota Tazz sowel as ‘n Venter-sleepwa wat in die pleging van die misdaad gebruik is. Die waarde van die skape word op R25 000 geraam en daar word vermoed dat dié skape in die Sannaspos-omgewing gesteel is. Die verdagtes sal môre in die Bloemfonteinse landdroshof verskyn.

Leave a Reply

error: Content is protected !!