Marius Broodryk
’n Kontant-in-transito-voertuig is Maandag in Cottonlands, KZN, beroof. Swaar gewapende verdagtes in twee voertuie het op die vragmotor losgebrand, ‘n geweer en pistool by veiligheidsbeamptes gesteel en plofstof gebruik om die voertuig op te blaas.
Verskeie sakke kontant is gesteel. Geen beserings is aangemeld nie.
Reaksiebeamptes het op die toneel gereageer nadat hulle oproepe oor hewige geweervuur en ‘n ontploffing ontvang het.