Lede van die Elliot Veediefstal- en Bedreigde Spesies-eenheid se volgehoue poging om gesteelde vee te voorkom en op te spoor, het sukses in Ugie opgelewer.
Lede van Elliot STU wat oor distriksgrense werk, het inligting ontvang oor skape wat by die Cicirha-omgewing in Ugie gesteel word. Die lede het leidrade opgevolg en dit het hulle na die Majaba-omgewing in Tsolo gelei. Drie verdagtes wat die skape in ‘n oop veld aanjaag is gewaar.
Die verdagtes het op die SAPD-lede losgebrand toe hulle waargeneem is. Die SAPD-lede het teruggeskiet, maar die verdagtes het te voet gevlug.
Die 106 vee (84 skape en 22 lammers) ter waarde van R 116 000-00 is deur die lede teruggevind.
Die skape het duidelike oormerke gehad en sal aan die wettige eienaar teruggegee word sodra dit geïdentifiseer is.