Skip to main content

DURBAN – Die polisie in KwaZulu-Natal het ‘n soektog van stapel gestuur na minstens vier verdagtes wat Donderdagoggend 8 Augustus 2024 vyf mense in Gillhamweg in Phoenix geskiet het. Vier van hulle is dood.

Inligting tot die polisie se beskikking in hierdie stadium is dat vier verdagtes, wat in ‘n rooi Toyota Tazz gereis het, uit hul voertuig geklim en skote afgevuur het op veiligheidswagte wat glo hul pligte by ‘n kantoor uitgevoer het. Vier veiligheidswagte is op die toneel dood verklaar, terwyl die vyfde een met skietbeserings hospitaal toe gehaas is. Dit is nog nie duidelik watter soort besigheidsaktiwiteit plaasgevind het by die kantoor waar die skietery plaasgevind het nie. Daar word ook vermoed dat die verdagtes die slagoffers van hul vuurwapens beroof het voordat hulle van die toneel gevlug het.

Die polisie doen ‘n beroep op enigiemand wat dalk inligting het oor waar die verdagtes is of die moontlike motief van die moorde om anoniem die naaste polisiestasie te kontak of ons misdaadstopnommer 08600 10111 te skakel of inligting te stuur deur van die MySAPS-toepassing gebruik te maak.

Leave a Reply

error: Content is protected !!