GQEBERHA – Die SAPD Airwing-helikopter wat gebruik is om te soek na ‘n verdagte wat verantwoordelik is vir vragmotorkaping, het indrukwekkende resultate opgelewer toe die polisie ‘n 37-jarige man in hegtenis geneem het ná ‘n aangemelde kaping in Sherwood gister.
Die vragmotor was omstreeks 08:15 besig om ‘n aflewering by ‘n drankwinkel in Keistraat, Sherwood te doen toe twee onbekende gewapende manlike verdagtes die drywer en assistant genader het, en hulle uit die vragmotor in ‘n wit Toyota Quantum-minibus gedwing het. Hulle het toe met twee slagoffers van 36 en 39 jaar oud na Walmer gery waar hulle in die bosse naby ‘n begraafplaas afgelaai is. Die drywer het SAPD Walmer in kennis gestel van die kaping.
‘n Kort rukkie later, omstreeks 09:40, het die SAPD Airwing-helikopter wat gebruik is om na die gekaapte vragmotor te soek, die vragmotor op die R334 tussen Motherwell en Kariega (rigting Kariega) gesien ry. Nadat die helikopter om die vragmotor gesirkel het, het laasgenoemde langs die pad stilgehou en twee manlike verdagtes het uitgespring en in digte bosse langs die pad verdwyn.
Verskeie SAPD-lede en veiligheidsbeamptes het op dié inligting gereageer. Die een verdagte is gou deur die vlieënier opgemerk en het die grondmagte oor sy ligging ingelig. Lede van die plaaslike buurtwag het die verdagte, bygestaan deur lede van ‘n sekuriteitsmaatskappy, aangekeer.
Hy is formeel deur SAPD Kariega-lede gearresteer. ‘n Stoortoestel is in sy besit gevind en is deur die polisie gekonfiskeer.
Die ander verdagte is steeds soek. Polisie-ondersoeke duur voort.