Skip to main content

MAKHANDA – Die akkurate instink van polisielede tydens patrollies het gelei tot die herwinning van perlemoen met ‘n geraamde straatwaarde van meer as R500 000-00 asook die arrestasie van ‘n 41-jarige man

Lede verbonde aan die Grahamstad-hoofwegpatrollie en Grahamstad-misdaadvoorkomingseenheid het langs die N2 gepatrolleer toe hulle ‘n wit NP300-bakkie opmerk wat teen ‘n hoë spoed in die teenoorgestelde rigting verby hulle ry.

Die lede het agterdogtig geraak en dit agternagesit. Naby Lothians Gravelweg het die voertuig skielik gestop, en die bestuurder (enigste insittende) het uitgeklim en begin hardloop. Die polisie het agter die verdagte (41) aangehardloop en daarin geslaag om hom in hegtenis te neem.

Tydens die deursoek van die voertuig het lede 13 661 eenhede perlemoen gevind. Hulle het beslag gelê daarop asook die Nissan NP300 LDV aangesien dit in die pleging van ‘n misdaad gebruik is.

Die verdagte sal in die Grahamstad-landdroshof verskyn op aanklag van die besit van perlemoen.

Leave a Reply

error: Content is protected !!