Skip to main content

POLOKWANE – Die lede van die Anti-Smokkel-taakspan het nog ‘n sukses behaal deur ‘n 44-jarige manlike verdagte vas te trek vir die besit van ‘n vermoedelik gesteelde motorvoertuig.

Die polisie het inligting ontvang oor ‘n wit Toyota Fortuner wat van die Gauteng-provinsie na Musina in die Vhembe-distrik onderweg was.

Die polisie het vinnig gereageer en het met die ondersoek begin om die motorvoertuig op te spoor. Dit is opgemerk op die N1 noord net buite Polokwane. Die motorvoertuig met een insittende is voorgekeer en na ’n ondersoek het die polisie ontdek dat die motorvoertuig op 31 Julie 2024 by Wierdabrug in Pretoria, Gauteng provinsie as gesteel aangemeld is.

‘n 44-jarige manlike verdagte is onmiddellik in hegtenis geneem vir die besit van ‘n gesteelde motorvoertuig.

Voorlopige ondersoeke het aan die lig gebring dat die motorvoertuig bedoel was om via Beitbridge-grenspos na Zimbabwe gesmokkel te word.

Die verdagte sal binnekort in die landdroshof in Polokwane verskyn op aanklag van besit van gesteelde motorvoertuig.

Polisie-ondersoeke duur voort.

Leave a Reply

error: Content is protected !!