Skip to main content

George April 

Die eienaar van ‘n ligte voertuig het Vrydag byna sy voertuig gerol van skrik, toe ‘n voorwerp skielik in sy voertuig se rigting gevlieg het.

De Vos van Hopefield was vanaf Moorreesburg op die R45 buite Koperfontein op die pad agter ‘n skoolbus van die Dirkie Uys Hoërskool toe dat ‘n voorwerp – wat aan die bestuurskant by die skoolbus se venster uitgegooi is – skielik op sy motor afpeil.

Van skrik het De Vos die stuurwiel gepluk, en byna ‘n ongeluk veroorsaak. Die Waarheid wat saam met De Vos se dogter passasiers in die voertuig was, kan die voorval bevestig.

Die voorwerp, wat soos ‘n een-liter plastiese bottel gelyk het, het met ‘n slag op die bestuurder se kant geklap.

De Vos het sy ligte vir die busbestuurder geflits. Dié het dadelik langs die pad stilgehou. Die bestuurder was nie juis verbaas toe hy ingelig is oor wat pas gebeur het nie.  In die bus het die leerlinge almal boonop sit en lag.

Die busbestuurder het sonder om op te staan, of om om te kyk na die leerlinge, verskoning namens hulle gevra.

Toe Die Waarheid ‘n foto van die bus vanaf die oorkant van die pad neem, het die bestuurder baie vining sy deur toegemaak.

De Vos se dogter het die polisie geskakel, maar daar was nie antwoord nie.  De Vos het toe na die Hopefield polisiestasie gery, en die saak gaan aanmeld. Die Waarheid het in die ry ook die polisie geskakel, maar die foon het net gelui.

Die konstabel wat aan diens, het net gese dat hy dadelik die verkeersdepartement gaan kontak.

Niemand was seker waarheen die bus op pad was nie, omdat dit blykbaar leerlinge was wat weekliks by die skool se Moorreesburg koshuis bly en Vrydae huis toe geneem word.

Die polisie se Tania Helfrich, media woordvoerder, het die voorval bevestig en gesê die voorval was by Hopefield polisie en toe by die verkeersafdeling aangemeld, maar dit is onduidelik of die verkeersafdeling die skool in kennis gestel het.  Beide die stasiebevelvoerders van Moorreesburg en Hopefield SAPD is in kennis gestel en dra nou kennis van die voorval.

Die Onderwysdepartement se Bronagh Hammond het nie op medianavrae gereageer nie.

 

Leave a Reply

error: Content is protected !!