Skip to main content

***Die vorige plasing is deur ‘rekenaars’ van ons blad af verwyder.***

SONJA BROWN

Timothy Thembelani Ndhlovu, een van die werkers wat onder leiding van André Cronjé deel vorm van die Forever Diamonds and Gold-span wat die strate in en om Rhodesfield netjies hou, het sy BSC Konstruksie-graad by die Universiteit van Johannesburg bekom.

‘n Trotse Ndhlovu kan nie uitgepraat raak oor hierdie mylpaal nie. “Om vir meneer André onder my toesighouers Don en Angela te werk was ‘n wonderlike ervaring. Ek leer elke dag baie en dit het my toegelaat om alles te betaal wat nodig was om my graad te voltooi. Hulle het my nog altyd gemotiveer om nooit moed op te gee nie. Almal het ‘n fantastiese ondersteuningstruktuur gevorm. Ek is baie dankbaar daarvoor.”

Ndhlovu het gematrikuleer aan Hoërskool Dr Beyers in Dube, Soweto. Toe hy in matriek was, het hy aansoek gedoen om te studeer vir BSC Konstruksie (hoeveelheid en opmeting en konstruksiebestuur) by Universiteit van Johannesburg en is daarvoor aanvaar.

Sy grootste motivering was die situasie en stryd wat hy as persoon in ‘n township moes meemaak. Ndhlovu moes daagliks toekyk hoe sy ma Thembi Kekana en pa Maxwell Ndhlovu baie hard moes werk om die familie te onderhou. Dit het veroorsaak dat hy hand wou bysit, beter wou lewe, asook om ‘n voorbeeld vir sy jonger broers en susters te wees.

“Dit is moontlik is as jy jou verstand, fokus en vasberadenheid in werking stel, sê Ndhlovu met ‘n breë glimlag. “Baie dankie ook aan Meneer Louis Liebenberg, wat alles vir my moontlik gemaak het toe ek in sak en as gesit het.”

Leave a Reply

error: Content is protected !!