Marius Broodryk
Op Vrydag, 26 Julie 2024, om 22:00, het die Bloemfontein Flying Squad-lede ‘n wenk ontvang oor ‘n verdagte wit Ford Ranger-bakkie wat op die N6 ry. Ná ’n hoëspoed-jaagtog is die voertuig op die N1 gestop, en twee buitelandse burgers, onderskeidelik 35 en 36 jaar oud, is in hegtenis geneem.
Koperkabels ter waarde van R200 000 is in die voertuig gevind.
Die verdagtes staan tereg op aanklagte van die besit van vermoedelik gesteelde koperkabel, diefstal van infrastruktuur en oortreding van die immigrasiewet.
Hulle sal binnekort in die Bloemfonteinse landdroshof verskyn.