Marius Broodryk
Die polisie het 10 verdagtes in afsonderlike voorvalle gearresteer vir afpersing, besit van verbode vuurwapens en ammunisie.
In Wynberg is ’n verdagte ná ’n jaagtog met ’n 9mm-pistool en ammunisie betrap.
In Strand is 8 verdagtes aangehou vir afpersing ná ’n georkestreerde operasie.
‘n 35-jarige man is ook in Qumbuweg gearresteer vir die besit van ‘n verbode vuurwapen en ammunisie.
Alle verdagtes sal in onderskeie landdroshowe verskyn.