Skip to main content

Paul C Venter

 

Kaatjie probeer haar ma die nuus vertel, maar die hooflyn raas kwaai. Dit klink of sy deur vinke in ‘n bos praat.

“Sê weer, Mutter? Praat harder.”

“Ek sê ek hoor die dogters kom môreaand … as wat gebeur?”

“As ons vir hulle vliegkaartjies kry. Pa ry op tant Maggie s’n.”

“Ich kann dich nicht hören, kom daardie stuk Scheisse saam?”

“Ma, moenie weer begin nie.”

“Ek vra net, Katrina. Kom daardie dierbare ou Christen saam?”

“Ek laat nie twee kinders alleen vlieg nie; die hele punt is hulle moet veilig wees, nicht wahr?”

Haar ma is stil.

“Mutter? Bist du da?”

“Ek hoor jou, ek hoor jou, hulle kamer sal reg wees. Jou pa gaan seker deurdruk ouetehuis toe.”

“Ek vermoed hy kan nie wag nie,” sê Kaatjie droogweg.

“Katrina, jy gaan my nie laat skuldig voel nie. PJ Buys slaap nie onder hierdie dak nie.”

Die lyn hou op kwetter. Haar ma het sowaar die foon neergeplak.

Emma staan in die gang. “Jammer, hooflyn maak so.  Kon sy jou darem hoor?”

“Ek vermoed beter as wat sy voorgee.”

“My ma op De Aar maak so as sy moeg gepraat is.”

“Die kinders gaan veilig wees, dis al wat saak maak.”

Emma glimlag effens. “Ek kon sien hulle vou toe jy sê hulle ma sou dit so wou gehad het. Dit is natuurlik waar, wens net ek het self daaraan gedink.”

“Skooljuffrou dink naderhand soos ‘n ma.” Kaatjie aarsel. “Ek’s natuurlik nie een nie, net Hanna kon hom kinders gee.”

Iets in haar stem verraai haar.

“Ek weet,” sê Emma. “Jy’s nie oor hom nie, is jy?”

Iets in haar stem verraai haar ook.

Kaatjie raak teer aan Emma se arm. “Weet jou man?”

Emma bloos. “Weet hy wat?”

Kaatjie kan nie help om te lag nie. “Give it up, woman, jy kan nie lieg om jou lewe te red nie.”

Emma moet maar saam lag en hare klink net so seer soos Kaatjie s’n.

 

Kerwin skryf die brief aan Sakkie klaar. Hy steek sy maer bene onder die mooi tafel weg.  Becky sit op die hotelbed langs hom, rus haar warboel van geel krulle teen sy bo-arm. Haar pensie maak ‘n oulike plooitjie, verder is daar geen vet aan haar nie.

Die twee het nie ‘n draad klere aan nie. Die bed is getref deur ‘n orkaan van hartstog. Becky het nie geweet daar kan soveel in ‘n ou wewenaar wees nie. Hy ook nie. Dit moes oor ‘n leeftyd in hom opgegaar het.

“My hand bly bewe,” kla Kerwin. “Ek hoop jy weet dis jou skuld.”

Becky soen hom in die nek, net langs die sekel van ‘n litteken. “Ek wens ons kan die res van die dag hier bly.”

“Oh my word, die Generaal gaan nie tevrede wees nie. Ons moet Izak probeer kontak. Ek moet die bloody field reports lees.”

“Daar is ‘n ander manier, liefling. Ek moet jou eintlik Kirinyaga toe vat, jy kan self met gevangenes praat.”

“Kirinyaga is ‘n tronk?”

“East Africa Command noem dit ‘n kamp. Soos julle in die ou dae op Sint Helena. Die Generaal wil beter kampe bou, but the war’s buggering up his budget.”

Kerwin skryf sy naam groot en duidelik onderaan die brief. “Hy’t nie met my oor ‘n kamp gepraat nie, I thought Mau-Mau prisoners were in police custody.”

Becky staan op. “Hy’s nie trots op wat in Kirinyaga aangaan nie. Die ondervraging het cruel geraak.”

Kerwin sit die brief in ‘n koevert. “Saint Helena had its own problems with that. Kampwagte wat dink die uniform sê hulle kan enige iets doen.”

Becky wil aantrek, moet haar klere oral soek. “James, remind me never to ask you to undress me again. Jy hang niks op nie.”

“Field reports are just field reports,” peins Kerwin. “I’d rather talk to prisoners, maar die kampwagte weier dalk.”

Becky wonder hoe haar sykouse so geknoop geraak het. “Sorry I mentioned it. Ek sal jou help met die field reports.”

Kerwin staan op, kom hou haar vas. “Hoe ver is hierdie kamp van Sakkie se plaas af?”

“Twee ure at least, suidwes van Mount Kenya. Kirinyaga beteken die wit berg. Ons sal dit nie vandag voor donker maak nie.”

Hy soen haar skouer. “Vat my more Kirinyaga toe, let’s give it a go.”

“Your wish is my command, Captain.” Sy soen hom op die mond. “Jy weet ek kan ‘n kaal man met ‘n hoër rang niks weier nie.”

 

Sakkie ry nou stadiger, maar Willy se Landrover raas nog op die goor pad. Daar word nie gepraat nie.

Aggie het te vinnig te veel gepraat, en sy verskonings was almal dieselfde een: ‘n vrou alleen kan in gevaar op die trein wees.

Sarika het hom bedank vir omgee, en toe die waarheid gepraat: hy wil haar help, want hy glo sy het hom gered toe Mutugi hom wou doodmaak.

Sakkie het ferm kop geknik, sy enigste bydrae tot die gesprek.

“You don’t owe me anything,” gaan Sarika toe voort, “you and Izak saved my life at the shop. But I do appreciate your company and protection on the train, if you promise to return to your life on the next train.”

Dis nie wat Aggie wou hoor nie, maar Sarika se swart oë het gewys sy gaan nie ‘n gestryery duld nie. Hy moes maar instem.

Nou ry hulle plaas toe om ‘n oornagtas vir hom te kry, niks meer nie. Hy mag nie ‘n lewe saam met Sarika op Mombasa begin nie. Haar vasberade ken weier enige teenkanting, en die stert van haar kopdoek fladder soos ‘n trotse vlag agter haar.

Sakkie sê nie ‘n woord nie, maar hy bewonder hierdie vrou.

 

In die pastorie se kleinhuisie, terwyl hy sit en water afslaan, praat Sloet sag met sy afgestorwe vrou. Hy vertel haar Kaatjie het wondere verrig, die dogters gaan saam met PJ Buys huis toe vlieg. Hy vertel haar Maggie moet môre twee vlugkaartjies kry, PJ Buys sal met haar kaartjie ry. Hy vertel Annette niks verder van Maggie nie, want hy het geen donnerse idee hoe hy die storie onskuldig kan maak nie.

Bloed, sy het hom Sakkie se ma vergewe, maar hy glo nie Annette sal weer nie, al sweer hy hoog en laag die gevryery was nie regtig ‘n gevryery nie.

Iemand klop aan die kleinhuisie se deur.

“Sloet?” vra Maggie se stem. “Kruip jy weg vir my?”

 

Becky sien verlig die pastoriehek word bewaak, wuif in die verbygaan vir die jong soldate en hulle salueer vriendelik terug.

“You know those boys dream of you?” terg Kerwin.

“Begging your pardon, sir, I only date men approximately my age.”

Kerwin mik speels asof hy haar wil klap.

Hulle ry aan op die breë gruispad, draai na ‘n rukkie op ‘n smal grondpad tussen die donkergroen koffieboorde in.

“Short cut,” sê Becky. “Izak Vogel se plaas should be last one op hierdie pad, ons is voor donker daar.”

“Hy gaan nie daar wees nie.”

“Gaan jy om verskoning vra as hy is?”

“Sakkie is nie ‘n fool nie, ek wed jou as jy een van sy koffiebome skud val daar twee konstabels uit. Hy moet weet they’re watching the place.”

“Nie volgens ons gen nie.”

“Rebecca, ek weet nie van army en police wat regtig gen met mekaar share nie.”

“Rebecca klink mooi as jy dit sê.”

“Dis ‘n beautiful naam.”

Haar een hand los die stuurwiel en druk sy bobeen.

“Voor donker,” belowe sy. “Ons los die brief êrens as hy nie daar is nie.”

“Ek’s bevrees ons gaan die brief moet los,” sê Kerwin strak.

In sy hart wens hy Sakkie is daar, die pragtige seun wat saam met sy pragtige seuns baljaar het, maar hy dink nie Sakkie is so dom nie.

 

‘n Ent van die plaashuis af, agter ‘n komposhoop in ‘n koffieboord, klim Sersant Harry en sy drie konstabels stil uit die Landrover. Brommers dartel en sing oor die kompos. Die polisie knip hulle heupskedes los, trek nie die rewolwers uit nie.

“I want Vogel alive,” fluister sersant Harry. “Bastard’s due for a hanging, don’t forget that.”

Hulle sluip deur koffiebome na die huis toe. Takke skud en ‘n apie loer deur die blare, koffiebone in sy kies. Verder is die middag amper te stil. Skaduwees begin rek. Die son sak.

Daar is geen teken van lewe of ‘n voertuig by die huis nie.

“Nobody home,” prewel ‘n konstabel.

“Don’t be daft,” grom sersant Harry, “he could be hiding his vehicle, same as us.”

Maar hy begin self voel hulle is voor dooiemansdeur. If that’s the case, dan het hy legally die reg om op te tree: Enter quietly and conduct a search, if you find anything suspicious then destroy the place if need be, brick by bleeding brick.

‘n Dier soos Izak Vogel gaan nie weer hier nes maak nie.

 

Kerwin sê vir Becky: “Mag ek iets voorstel? Army vehicle could throw him. As hy hier is.”

“Versigtige taktiek,” stem sy saam. “Ons parkeer buite sig, nader te voet.”

“Ek hou daarvan as jy so vinnig snap.”

“Ek hou daarvan as jy so vinnig snap ek snap.”

Die smal grondpad het nog smaller geword. Hulle ry in skaduwee deur ‘n gang koffiebome en bloekoms. Die rooi son raak-raak aan die horison. Voëls seil oor boomtoppe na slaapplek toe. Daar is nie ‘n mens in sig nie.

Kerwin hou niks hiervan nie. Hy onthou ‘n turksvybos in die woestyn lank, lank gelede en die stilte wat te stil was totdat Hendrik Witbooi se krygers uit die dorings begin skiet en Sloet Steenkamp skree: “Val plat! Val plat!”

“Has the army cleared this area?” vra hy.

“Not that I’m aware of,” antwoord Becky met haar oë op die pad. “We try not to remove workers still willing to work.”

“I don’t see any workers, Lieutenant. What if something scared them off?”

“You’re bloody right, Captain. It’s too quiet.”

Sy trek onder ‘n bloekom in en hou stil. Hy wil sy Webley-rewolwer uithaal, maar sy keer hom.

“Ek is die offisier wat skiet … as dit moet.”

“Ek het al ‘n sneller getrek, Rebecca.”

“Wat as jy per ongeluk Sloet Steenkamp se seun tref?”

“Wat as hier Mau-Mau is?”

“Hulle was al hier, James.”

“Wat as hulle weet dis hoe ons sal dink? Moenie jou vyand onderskat nie.”

Becky draai na hom en die ongelooflike blou oë in die verweerde, dierbare gesig kyk ernstig en vreesloos terug na haar. Hierdie ou veteraan, besef sy, sal net skiet as hy weet waarna hy skiet en sal nie bewe as hy skiet nie.

“Cock your weapon, Sir,” sê sy sag.

Kerwin haal die Webley uit en maak so. “Ready when you are, Lieutenant.”

Sy piksoen hom op die wang en hulle klim uit, vuurwapens gereed.

 

Sersant Harry laat ‘n konstabel buite wagstaan, die ander twee help hom deur ‘n stukkende venster in die huis klim. Hulle moet heelwat krag gebruik om hom deur te druk. Binne-in die huis val hy oor bloody iets en vloek bleeding cockroaches bang. Dan gaan maak hy die bloody voordeur vir sy manne oop.

 

Willy se Landrover kom oor ‘n bult in die slegte pad en die laaste strale van die son verblind Sakkie amper.

“Ons gaan dit net voor donker maak,” sê hy.

“Almost there, Sarika,” glimlag Aggie voor hy omkyk en besef sy het aan die slaap geraak, haar man se pot begin uit haar vingers glip. Hy gryp die as net betyds.

“Amper in die wind,” sê hy.

“Wat?” frons Sakkie.

“Sarika se man.”

Sakkie vra liewer nie uit nie.

Voor maak die pad ‘n vurk. ‘n Nog slegter pad, een met ‘n middelman, skiet oos tussen die koffieplase in. Dis die een wat hulle moet vat.

“Ek gaan by Davy’s Drift stop,” besluit Sakkie.

Aggie verstaan. “Ingeval mensgoed ons inwag.”

“Sal sy so ver kan loop?”

“Sy kan in die motorkar wag, Sak. As die kous klere is, ry ek haar nader.”

“Ek hoop sy kan swem, jy neuk met haar in Davy’s Drift in.”

“Een foutjie en ek moet dit vir ewig hoor. Ek kan dryf, verdammt.”

“Jy dink jy kan dryf, Aggie, dis nie dieselfde ding nie.”

 

Kerwin en Becky loop behoedsaam deur die koffieboord, laat die rewolwers teen hulle bene hang. Hulle hoor brommers sing voor hulle die komposhoop en die polisie se Landrover sien.

“Bloody hell,” fluister Kerwin.

 

WORD VERVOLG

 

 

 

Leave a Reply

error: Content is protected !!