Mpho Alistair Lesolle (41), Johannes Botes Rossouw (58), Pieter Retief Von Willigh (58), Ntlhayakgosi Michael Mokgwamme (66) en Merika Johannes Madungandaba (66) het gister in die Rustenburg-landdroshof verskyn op aanklagte van bedrog.
Rossouw, von Willigh en Madungandaba is direkteure van Malesela T&D Pty (Bpk), ‘n maatskappy wat na bewering ‘n kontrak met die Rustenburg Plaaslike Munisipaliteit gehad het om ‘n elektroniese kragtoevoertoestel (switchgear) vir die Ikemeleng Grootmaat Infrastruktuur te installeer in 2013. Lesolle en Mokgwamme is voormalige werknemers van die Munisipaliteit en is glo belas met die verantwoordelikheid om toesig te hou oor die projek en te verseker dat die toerusting afgelewer word.
Verslae dui daarop dat die Munisipaliteit Malesela in September 2013 meer as R2 miljoen betaal het om die toerusting volgens die kontrakreëling te installeer. Ondersoek het aan die lig gebring dat die maatskappy geen diens gelewer het nie.
Ná ’n ondersoek is dagvaarding aan die beskuldigdes tussen Junie en Julie 2024 beteken om in die hof te verskyn. Al vyf beskuldigdes het vlugtig in die hof verskyn en is op waarskuwing vrygelaat. Hul saak is tot 21 Augustus 2024 uitgestel.