Senzo Mchunu, wat eers die minister van water en sanitasie was, het plegtig onderneem om streng op te tree teen misdadigheid in die land as die nuwe minister van polisie. Hy wil ook glo van korrupte SAPD-lede ontslae raak.