ALS-paramedici is gister ontbied na ‘n ernstige botsing op die M1 Higginson-hoofweg naby die eenheid 5-afrit in Westcliffe Chatsworth, Suid van Durban.
Paramedici wat op die toneel opgedaag het, het op ‘n enkele insittende in ‘n erg beskadigde voertuig op die spoorlyn onder die afrit afgekom.
Die man, wat vermoedelik in sy twintigs was, het ‘n skietwond in die kop opgedoen het asook ander beserings van die ongeluk. Hy is op die toneel dood verklaar.
Die gebeure wat tot die skietery en ongeluk gelei het is steeds onbekend. Die SAPD ondersoek die saak.